|
|
||||
| |||||
Hazel Food Market
by Jacqueline
Hazel Food Market
Ontdek ‘n heerlike kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die kosmark vind elke Saterdag oggend plaas en het meer as 60 kos stalletjies. Op Julie en Augustus 2012Ons is bly om te noem dat twee Europese lande hulle tradisionele kosse by die mark gaan verkoop gedurende Julie en Augustus. Die Duitse Ambassade sal ons op 14 Julie 2012 besoek en Eisbein met Sauerkraut, Thueringer Bratwurst asook Duitse Mostert verkoop. Die Switserse Ambassade besoek ons op 11 Augustus 2012 en hulle sal Zuercher Geschnetzeltes met Rys asook ‘n Sjokolade Fondue verkoop. Tradisionele Suid-Afrikaanse disse is ook elke Saterdag beskikbaar soos Roosterkoeke, Koeksisters, Pap & Kaiings asook Sosaties. Ons plaaslike bakker, Cassien Enslin, voorsien heerlike vars suurdeeg brode wat in ‘n houtvuuroond gebak word. Philipp Exter van Just Coffee verkoop vars geroosterde koffie asook koffie bone. Daar is ook ‘n verskeidenheid van kase (bees en bokmelk), vars vrugte en groente asook eksotiese produkte soos dim sum, lumpia en vleiskrokette verkoop. Greenlyn Village Sentrum, H/v Mackenzie en Thomas Edison Str, Menlo Park. For more information: Retha van Hoven on 083 554 5636 info@hazelfoodmarket.co.za www.hazelfoodmarket.co.za Previous Press ReleaseVir ontbyt kan u Hildegardt’s se vars gebakte Roosterkoeke met snoek en appelkoos konfyt geniet of Gerard, ons Switserse Sjef se rosti-salm-en-eier gebak. Vir middagete wat van ‘n lampita van Lambitious of van Panini ‘n panini met varsgebraaide kruisskyf en uie marmalade. Daar is selfs tradisionele Suid-Afrikaanse geregte soos Pap & Kaiings, koeksisters asook Sosaties. Ons plaaslike bakker, Cassien Enslin, voorsien heerlike vars suurdeeg brode wat in ‘n houtvuuroond gebak word. Met vars geroosterde koffie van Philipp Exter van Just Coffee kan jy nie jou oggend beter begin nie. Daar is ook ‘n verskeidenheid van kase (bees en bokmelk), vars vrugte en groente asook eksotiese produkte soos dim sum, lumpia en vleiskrokette verkoop. Daar is heelike vermaak vir kinders met ‘n springkasteel en twee klimrame. Bring jou kombers en kom hou ‘n piekniek onder die bome. Daar is ook heelwat veilige parkering beskikbaar. |
|
||||
|
|||||
| Homepage | Email Us | Link Exchange | Advertise | Privacy Policy | Links | Calling Expats | About Us
Pretoria South Africa
|
|||||
|